SKOOLURE:
7:00 – 17:15

ADRES: Munniklaan 21 & 23
Sterpark Polokwane, 0699

Troetelbere

Hier leer ons met ons hele lyf, hande, ore en harte. Dis ’n wonderlike tyd van ontwikkeling en ontdekking!

Belangrike fokusareas in die Troetelbeertjie-sentrum sluit in:

  • Grootmotoriese vaardighede: stap, klim, hardloop, bal-gooi, dans
  • Fynmotoriese ontwikkeling: blokkies stapel, items plaas-in-en-uit, eerste krabbels
  • Taalontwikkeling: eenvoudige woorde, liedjies, na-aap en opdragte verstaan
  • Selfstandigheid en roetine: hande was, eet met ’n lepel, self kies-speel
  • Sosiale en emosionele groei: leer deel, emosies uitdruk, veiligheid in roetine

Hier word elke dag gevul met liedjies, stories, ontdekkings en sagtheid. Ons respekteer elke maatjie se unieke tempo en vier elke klein mylpaal groot.

“In die Troetelbeertjie-klas leer ons met liefde en laggies  een klein treetjie op ‘n slag.  Van doekie tot broekie!!”

Juffrou Rolien

Tussen 12 en 24 maande begin ‘n kleuter regtig die wêreld ontdek  een tree, een woord en een glimlag op ’n slag. In die Troetelbeertjie-klas verwelkom ons dié leergierige loopvoete met liefde, geduld en ’n hele klomp sang, storie en speel.

Juffrou Rolien is die energieke en liefdevolle klasjuffrou, met Tannie Deidre aan haar sy as haar regterhand. Saam sorg hulle dat elke maatjie gevoel word, gesien word en veilig kan floreer.