SKOOLURE:
7:00 – 17:15

ADRES: Munniklaan 21 & 23
Sterpark Polokwane, 0699

Speelbere

Hierdie is ons geel klassie  warm, vrolik en vol sonstrale.

In hierdie fase lê ons die fondasie vir belangrike vaardighede soos:

  • Basiese taalontwikkeling (klanke, eenvoudige woorde, luistervaardighede)
  • Fyn- en grootmotoriese vaardighede (boublokkies, klim, krabbel en knip)
  • Sosiale vaardighede (deel, wag jou beurt, liefdevol speel)
  • Ritme en roetine (liedjies, stories, slaaptyd, handewasrituele)

Maar bo alles leer ons: Jy is kosbaar net soos jy is.

Hier voel elke maatjie veilig, geliefd en aanvaar  en elke dag is ‘n nuwe avontuur vol ontdekking, drukkies en speel.

“By die Speelbeertjies groei ons stadig, maar seker  met liefde as ons kompas.”

Juffrou Leandré sê

“Elke oggend wag daar 18 (somsminder!) klein hartjies om my klas met laggies en ogies vol nuuskierigheid te vul. Hierdie Speelbeertjies is almal twee jaar oud en word in die loop van die jaar drie. Dis ‘n kosbare tyd waarin ons elke tree, woord en glimlag vier!”