In ons BabaBere-klas begin alles met liefde, sorg en veiligheid. Hierdie klassie verwelkom ons jongste Teddies – babas vanaf 6 weke tot 18 maande oud – in ‘n omgewing waar hulle nie net versorg word nie, maar voluit gekoester word.
Die hooffokus in die BabaBere-klas is dat elke baba:
- Skoon en gemaklik is
- Veilig en beskerm voel
- In liefdevolle arms en vertroude roetine versorg word
Ons baba-sentrum is ingerig met sagte matte, rustige slaapareas, ouderdomsgeskikte speelgoed en ‘n kalm atmosfeer waar elke baba volgens sy of haar eie roetine hanteer word. Stil tye, voedingstye en speeltye word met aandag beplan sodat babas gebalanseerd kan ontwikkel.
Belangrike ontwikkelingsareas wat hier ondersteun word sluit in:
- Fisieke ontwikkeling (omrol, sit, kruip, stoot en stap)
- Sensoriese stimulasie (voel, sien, hoor en ontdek met veilige materiale)
- Vroeë kommunikasie (oogkontak, gebare, reaksie op klank en gesigsuitdrukkings)
- Emosionele binding en vertroue – elke baba weet: “Hier is ek veilig, liefgehê en belangrik.”
“By die BabaBere’s begin ons die lewensreis met sagte hande, warm harte en ‘n rustige ritme. Klein ontdekkings… groot mylpalel”
Tannie Tashja
Tannie Tashja is die liefdevolle juffrou in beheer van hierdie spesiale spasie, saam met haar twee toegewyde assistente, Magglynn en Tannie Modjadji. Saam vorm hulle ‘n span wat elke baba se unieke behoeftes verstaan en met toewyding versorg.
