Klouterbere
Ons pers klassie is ’n spesiale kombinasie van sagte liefde en sterk groei. Hier leer ons speel-speel en sonder druk, maar met baie aanmoediging en struktuur.
Gedurende die jaar werk ons doelbewus aan:
- Selfstandigheid (leer eet, hande was, en self kies-speel)
- Kreatiwiteit en verkenning (spat-verf, krabbel, ontdek met voel-en-raak)
- Vroeë taalontwikkeling (woorde benoem, luister en naboots)
- Emosionele sekuriteit (veilig voel, emosies herken en verwoord)
Ons speel, klouter, val en staan weer op — en elke klein oorwinning word met ‘n groot glimlag gevier.
“In die Klouterbeer-klas leer ons nie net om te speel nie, maar ook om te glo dat ons enigiets kan doen.”
Juffrou Leonie sê:
“Dis ’n voorreg om elke dag deel te wees van hierdie klein mensies se eerste leer-avonture. Die Klouterbere is almal twee jaar oud en word drie in die loop van die jaar – en soos hul naam sê, klouter hulle sommer vol moed en plesier deur elke dag!”
