SKOOLURE:
7:00 – 17:15

ADRES: Munniklaan 21 & 23
Sterpark Polokwane, 0699

Kampbere

Ons groen klassie weerspieël die natuur  groei, beweging en rustigheid. Hier leer ons deur te speel, te oefen en te probeer.

  • Spraak en luistervaardighede (vraag-vra, stories vertel, woorde uitbrei)
  • Basiese konsepte (groot/klein, hard/sag, tel tot 5 en verder)
  • Kreatiewe uitdrukking (verf, plak, speel met klei)
  • Vriende maak en gevoelens verwoord (ek is bly, ek is kwaad, ek is moeg)

Met liedjies, laggies en leer is elke dag ’n kamp vol pret.

“In die Kampbeer-klas leer ons dat saam speel, saam lag en saam leer die mooiste avonture bring.”

Juffrou Dinicke sê:

“Die Kampbeertjies is driejarige avonturiers met lewenslus en baie vrae! Dis ’n lewendige, laggende groepie wat elke dag met nuwe energie aanbreek. Hulle word in die jaar vier jaar oud.”