Tuinbere
In hierdie kleurryke, lewendige klassie begin ons ook met doelgerigte voorbereiding vir Graad R. Ons fokus op:
- Luister en konsentreer
- Voor-skryf- en tekenvaardighede
- Getalbegrip en patrone
- Probleemoplossing en logiese denke
- Sosiale vaardighede soos spanwerk, empatie en selfregulering
“In die Tuinbeer-klas groei ons wortels diep en reik ons drome hoog.”
Juffrou Elbé sê:
“In die Tuinbeer-klas groei ons soos blommetjies – elkeen op sy eie tyd, maar met sorg, aandag en baie liefde. Ons maatjies is besig om vyf te word, en dis ‘n wonderlike ouderdom van groter selfstandigheid en leergierigheid.”
