SKOOLURE:
7:00 – 17:15

ADRES: Munniklaan 21 & 23
Sterpark Polokwane, 0699

Safaribere

Ons blou klassie is soos die oop lug  vol potensiaal, vars idees en spontane ontdekking. Hier word elke dag gevul met:

  • Taalontwikkeling (stories, gesels, klanke hoor en herhaal)
  • Skryf- en knipvoorbereiding (hou potlood, spore trek, begin met vorms)
  • Geheue- en denkvaardighede (opdragte onthou, name van kleure, vorms en getalle)
  • Emosionele groei (ek kan wag, ek kan vra, ek kan deel)

Elke Safaribeertjie leer op sy eie tempo, met liefdevolle aanmoediging en ’n vaste roetine.

“In die Safaribeer-klas verken ons nie net die wêreld nie  ons ontdek ook onsself.”

Juffrou Heleen sê:

“In die Safaribeer-klas begin elke dag soos ’n nuwe avontuur  met oë vol verwondering en harte gereed om te leer. Hierdie dapper ontdekkers is drie jaar oud en word vier in die loop van die jaar.”