SKOOLURE:
7:00 – 17:15

ADRES: Munniklaan 21 & 23
Sterpark Polokwane, 0699

Klouterbere

Ons pers klassie is ’n spesiale kombinasie van sagte liefde en sterk groei. Hier leer ons speel-speel en sonder druk, maar met baie aanmoediging en struktuur.

Gedurende die jaar werk ons doelbewus aan:

  • Selfstandigheid (leer eet, hande was, en self kies-speel)
  • Kreatiwiteit en verkenning (spat-verf, krabbel, ontdek met voel-en-raak)
  • Vroeë taalontwikkeling (woorde benoem, luister en naboots)
  • Emosionele sekuriteit (veilig voel, emosies herken en verwoord)

Ons speel, klouter, val en staan weer op  en elke klein oorwinning word met ‘n groot glimlag gevier.

 

“In die Klouterbeer-klas leer ons nie net om te speel nie, maar ook om te glo dat ons enigiets kan doen.”

Juffrou Leonie sê:

“Dis ’n voorreg om elke dag deel te wees van hierdie klein mensies se eerste leer-avonture. Die Klouterbere is almal twee jaar oud en word drie in die loop van die jaar  en soos hul naam sê, klouter hulle sommer vol moed en plesier deur elke dag!”