Welkom by Osieteddies
Dis ‘n fees om ‘n TEDDIE te wees!
WIE ONS IS
Van die eerste dag af het ons God se seën en Sy genade hier beleef.
Ons het klein begin, maar tans spog ons met sewe vol klasse. Vir hierdie wonderlike groei in getalle kan ons ook net die Here loof.
Osieteddies is baie bevoorreg om oor onderwyskorps te beskik wat:
‘n groot liefde vir elke kleuter het
‘n kenner in hul vakgebied is
werkstrots het en pligsgetrou is
altyd in die belang van die kleuters optree.

KREATIEWE DENKE
Kreatiewe denkie is vir ons baie belangrik, daarom neem die kleuters gereeld deel aan probleemoplossings.

BEWEGING
Die dagprogram maak voorsiening dat die kleuters baie geleentheid kry om buite te speel.

ROLSPEL
Elke klas is ook toegerus met ‘n fantasie-area waar die kleuters nog lekker kan fantaseer en hulle in rolspel kan uitleef.

LEER DEUR SPEEL
Die kleuters leer deur speel. In elke les word die kleuter se hele lyfie ingespan. Stil-sit word tot die minimum beperk omdat kleuters leer deur hulle sintuie te gebruik.
WAT ONS BIED
WEEKLIKSTE DOELGERIGTE AKTIWITEITE

BAK EN BROU
Al spelend leer ons kleuters meng, rol en bak! Hierdie prettige aktiwiteit ontwikkel fyn motoriese vaardighede, wiskundige begrippe en kreatiwiteit terwyl hulle smullekker happies maak.

LOFPRYSING
Ons sing en prys met vreugde die naam van ons Here.

MUSIEK
Ritme, melodie en klank bevorder speel-speel groei en self-uitdrukking

TRAMPOLIEN
“Rebound”
Spring op die trampoline verbeter balans, koördinasie en spierontwikkeling. Dit is ‘n prettige manier vir kleuters om energie te verbrand terwyl hulle kernspiere versterk en selfs konsentrasie bevorder!

KUNS
Kunsaktiwiteite:
Kleuters verken kleur, vorm en tekstuur deur kreatiewe kunsprojekte. Dit bevorder selfuitdrukking, fynmotoriese ontwikkeling en verbeelding!

POTTEBAKKERS
Klei-speel pret bevorder fynmotoriese vaardighede in ‘n vrolike en speelse atmosfeer.

GROOT MOTORIES / BEWEGING
Hierdie aktiwiteite help kleuters om spiere te ontwikkel, koördinasie te verbeter en selfvertroue in hul liggaamlike vermoëns te bou. Deur te spring, hardloop, klim en balanseer, leer hulle belangrike vaardighede wat hul algehele ontwikkeling ondersteun.

SKRYF IN VIR 2025
Druk asb die vorm uit, vul in en stuur terug.