Tuinbere

Almal is 4 jaar oud, en word deur die loop van die jaar 5 jaar oud.

Juffrou Jané Smit
Klasjuffrou, besig het haar finale B.Ed jaar aan PUK
Ek is die Tuinbere-juffrou, by die 4-5jarige groepie. My naam is Jané Smit en ek is 21 jaar oud, ek het in 2016 by Osieteddies begin. My passie is om te sien hoe die kleine lyfies groei en ontwikkel. Dit is vir my so lekker om elke dag te begin met warm drukkies en glimlagte wat ‘n juffrou se hart laat smelt. Ek is huidiglik besig met my finale jaar studies om my B Ed-grondslagfase te voltooi. Elke dag het nuwe uitdagings maar dié juffrou en Tuinbere pak elke dag by die horings! Ek glo daaraan dat ons moet hard werk maar onthou om nog harder te speel. Energie, harde werk en deursettingsvermoë is ons Tuinbere se wenresep om ons lyfies slim te leer. En …moet nie vergeet nie, hope PRET en speel!