Speelbere

Almal is 2 jaar oud, en word deur die loop van die jaar 3 jaar oud.

Juffrou Elbé Maritz
Gekwalifiseerde juffrou met noodhulp opleiding.
Met hope geduld en liefde vir kinders het hierdie beroep my gekies. Vir my speelbere wil ek 'n gevoel van geborgenheid skep deur elke kleuter aan die alledaagse lewe bloot te stel: noem name van goed waaraan ons raak; verduidelik wat om hulle gebeur; wys hulle hoe goed werk; gee hulle 'n kans om te ontdek-leer; om te beweeg en vrae te vra. Grense om dinge bymekaar te hou; en vryheid om te kan beweeg, ruik, aanraak, proe en geraas te maak, ontwikkel 'n jong kind se liggaam, emosies en denke spontaan. 'n Kind se ontwikkeling is nie 'n wedloop om "eerste te kom" nie. Dit is 'n reis waartydens vaardighede ontwikkel, kennis ontdek en duisende ervarings geniet moet word op pad na skoolgereedheid. Om 'n kind te onderrig, is om 'n lewe te vorm.
Juffrou Sharon-Lee du Plessis
Klasassistent (B Ed PUK)