Sirkusbere

Almal is 4 jaar oud, en word deur die loop van die jaar 5 jaar oud.

Juffrou Yolandi Engelbrecht
Gekwalifiseerde juffrou met noodhulp opleiding.
My naam is Yolandi Engelbrecht en dit is vir my n absolute passie om met kindertjies te kan werk. Ek het my B.E.d graad in Kleinkindontwikkeling deur UNISA verwerf in 2016. Ek is die Sirkusbere-juffrou vir die 4-5 jarige groepie by Osieteddies en ek is bevoorreg om nou al vir 2 jaar deel te kan wees van so n pragtige kleuterskooltjie waar kindertjies kan leer deur spel sonder enige beperkings. Die belangrikste wyse hoe kinders op dié ouderdom leer is deur gebruik te maak van al 5 hul sintuie. By Osieteddies speel die maatjies hulle lyfies slim elke dag. Dit is altyd lekker om teen die einde van die jaar te sien hoe die Sirkusbeertjies gegroei het. Hoe elkeen geplant is in die begin van die jaar en opgegroei het in n pragtige blommetjie. Elke Sirkusbeer maatjie is n kosbare en unieke blommetjie, n skepping uit God se hand. Ek is baie lief vir elke Sirkusbeer maatjie.