Safaribere

Almal is 3 jaar oud, en word deur die loop van die jaar 4 jaar oud.

Juffrou Heleen Pieterse
Gekwalifiseerde juffrou met noodhulp opleiding.
Ek is Heleen Pieterse. Ek het in 2008 hier by Osieteddies ingestap en my passie ontdek. Ek is ‘n mamma van 2 kleuters en net so lief soos ek vir my eie kindertjies is, so lief word ek jaar na jaar vir elke Safaribeertjie wat by my klasdeur instap. Hier in die Safaribeerkas leer ons lekker deur te speel en steeds die nodige vaardighede te ontwikkel. Ons geniet elke dag en lag lekker saam. Wat ‘n groot eer is dit nie net om dag na dag soveel onvoorwaardelike liefde te ervaar nie. Elke maatjie is uniek geskape, elkeen met hul eie persoonlikheid. Dit is vir y ‘n voorreg om die Safaribeer-juffrou te wees.