Plaasbere

Almal is 3 jaar oud, en word deur die loop van die jaar 4 jaar oud.

Juffrou Louise Snyman
Gekwalifiseerde juffrou met noodhulp opleiding.
Ek is Louise Snyman, die mamma van 5 en juffrou van vele. Ek is ‘n dokter, sielkundige, ma, handyman, skeidsregter, bemiddelaar, opvoeder en juffrou van die Plaasbeermaatjies. Ek trek elke dag vele jassies aan! Vir die afgelope 18 jaar het ek die voorreg om aan en af by Osieteddies betrokke te wees. In die Plaasbeerklas leer ons lag-lag en speel-speel. Ons leer om te sosialiseer en ons leer om onafhanklik te ontwikkel. Ons oefen daai groot spiere deur beweging en balans, en ons werk hard om ons klein spiertjies te ontwikkel deur te ryg en te knip. Ons leer elke week ‘n verskeidenheid nuwe woorde uit ons stories en temabesprekings. Die Plaasbere is baie slim en herken al syfers tot 4, ons leer ook elke week ‘n nuwe vorm en kleur aan. Ons ontwikkel ons geheue, ouditiewe persepsie en visuele persepsie elke dag so speel-speel. Ons mors graag met modder, water, sand, saagsels en verf. Die Plaasbere begin hulle dag deur vir Liewe Jesus te vra om hulle te seen en te bewaar. Dit is ‘n voorregom die Plaasbeer-juffou te wees!