Ure
Gedurende skoolkwartale:
Ons bied toesig vanaf 12:45 tot en met 17:15. Wees asseblief konsidererend teenoor die toesighouers. Die sentrum sluit om 17:15 elke dag. In ‘n noodgeval, moet u die sentrum skakel om reelings te tref.
Die program, sien soos volg daarna uit:
12:45 – 13:15
|
Middagete
|
13:00 – 14:45
|
Rustyd
|
14:45 – 17:15
|
Middagversnapping: Broodjie, vruggie en koeldrank
Middagprogram
Rustyd, buitespel, stories en opvoedkundige speelgoed
|
Geen kleuter mag die skoolperseel betree of verlaat indien hy/sy nie deur ‘n volwasse persoon vergesel is nie.
Elke naskoolkleuter MOET uitgeteken word. U moet persoonlik u kleuter uitteken. Indien ‘n vriendin, ouma of tannie u kleuter kom afhaal, moet u reëlings met die klasjuffrou / administratiewe klerk tref, sodat sy op haar beurt, dit weer aan die nasorgtoesighouers kan oordra! Ons gaan geen kleuter afgee, as die reëlings nie deurgegee is nie!
Skoolvakansies
- Die sentrum is toe op Publieke Vakansiedae.
- Die sentrum is die laaste week van die Junie/Julie vakansie toe. Tref asseblief vroegtydig reëlings.
- ‘n Lui-lekker program word vir die vakansies deur die toesighouers uitwerk.
Etes
Die Sentrum verskaf ‘n warm / gekookte middagete. Ons moedig die kleuters aan om goeie maniere aan tafel te hê, vrylik te gesels, hulself te bedien en om hul eetgerei reg te gebruik volgens hulle ontwikkelingstadium.
Indien u kleuter enige allergiese reaksies vir sekere kosse het, of onderworpe is aan kulturele of godsdienstige beperkings, sal ons dit waardeer indien u ons daaromtrent sal inlig. Waar moontlik sal ons poog om ons spyskaart sò saam te stel om dit te akkommodeer. In sekere gevalle mag ouers en voogde versoek word om ‘n aanvaarbare alternatief te verskaf.
Tydens skoolvakansies:
- Die spyskaart word tydens die vakansie aangepas, maar steeds geniet die kleuters voedsame etes. Spyskaarte sal net voor die vakansies huis toe gestuur word.
- Ontbyt word ook tydens vakansies bedien.
Finansies
- Naskoolgelde is, soos skoolfooie, streng vooruitbetaalbaar, maar oor 12 maande.
- Fooie is betaalbaar ongeag van publieke vakansies en tye waarin die skool gesluit is.
- Die maandelikse fooi is ook betaalbaar ongeag van siekte en gesinsvakansies.
- Bywoning van die Naskoolfasiliteite is ‘n voorreg, en nie ‘n reg nie. Dus, kan geen kind se fooie agterstallig raak nie. Inkomstes dek uitgawes wat onmiddelik betaalbaar is!
- Enige betaling vir die huidige maand wat nie voor die 15de van daardie maand ontvang is nie, sal lei tot onmiddellike kansellasie van diens. Na die verstek van ‘n verdere 15 dae sal die rekening oorhandig word vir invordering indien die rekening nie ten volle vereffen is nie.
- Ouers / voogde sal verantwoordelik gehou word vir die rekening tot en met die ontvangs van ‘n geskrewe kennisgewing vir kansellasie van ooreenkoms.
- Alle uitstaande fooie is onderhewig aan invorderingskommissie wat prokureurs / kliënt fooie en opsporingsfooie insluit (indien van toepassing). Hierdie fooi is betaalbaar deur die kliënt en is nie terugbetaalbaar nie.
Af/oplaai van ‘n kleuter
‘n Volwasse persoon moet u kleuter vergesel tot op die perseel in die oggende en weer vanaf die perseel in die middae.
Stel asseblief die sentrum skriftelik in kennis indien u kleuter afgehaal gaan word deur ‘n persoon wat nie op die inskrywingsvorm aangedui is nie. Voorsien die persoon se volle name, van en identiteitsnommer in die skriftelike kennisgewing. Die persoon sal nie toegelaat word om u kleuter van die perseel te verwyder indien wettiglike identifikasie nie getoon kan word nie.
Alhoewel ons verstaan dat insidente soms kan voorkom wat veroorsaak dat u nie betyds kan wees om u kleuter af te haal by die skool nie, sal daar van u verwag word ‘n boete van R50 vir elke 15 minute of ‘n gedeelte daarvan te betaal. In so geval sal die persoon aan diens u aankomstyd in die laat-kom-boek aanteken en daar sal van u verwag word om die inskrywing te verifieer en daarby te teken.
Maak asseblief alle hekke agter u toe, al beplan u om net vir ‘n minuut by die skool te wees. Dit is in belang van almal se veiligheid. Wanneer u die perseel verlaat sorg ook dat die hek behoorlik toe is.
Hierdie maatreël is vir die veiligheid van u eie kind en moet gevolg word!
Onthou om die skool so gou moontlik in kennis te stel indien u kleuter vir die dag nie by die skool gaan wees nie.
Ongelukkig kan Laerskool Pietersburg-Oos Leerders NIE vir u in die middae op ons perseel wag nie. U kan hulle by die wagboom afhaal.
Kansellering van Ooreenkoms
Indien u kind die skool verlaat, word een kalendermaand geskrewe kennis van u verlang, andersins sal u vir ‘n volle maand se fooie aanspreeklik gehou word. Indien u kind die skool aan die einde van die jaar verlaat, word Desember maand as kennis maand gesien en mag u nie die begin van November kennis gee om Desember se fooie te ontduik nie.
Laai die Naskool aansoekvorm af