Naskoolpersoneel

Tannie Annamarie
Ek is Anne-Marie de Beer naskool fasiliteerder, werksaam by Osieteddie kleinkindontwikkelingsentrum vanaf 2012, ñ skooltjie met ñ uitstekende hoof en personeel wat u kind se belange op die hart dra. Ons speelgronde en klaskamers is pragtig, asook ons twee kombuise, personeelkamer en saaltjie. Ons helpende hande werk ook baie mooi met ons kinders. Ek is so trots om deel te wees van Osieteddies. Ek is ñ wedergebore kind van die Here en doen my werk asof vir die Here. Die Koninkryk behoort aan u kinders daarom kyk ek na U kinders met baie liefde in my hart. U kan u kleutertjies met ñ geruste hart in ons sorg kom plaas.
Tannie Maaike
Ek is sosiaal en vriendelik. My liefde vir kinders het ek eers besef toe ek ‘n kind van my eie het, wat spesiale aandag nodig het. Ek is streng en ferm, maar terselfdertyd, speelvol en energiek om by te hou by die kleinspan Ek werk met die 4-5 jariges. Dis wonderlik om te sien hoe hul op hierdie ouderdom in ‘n tydperk van een jaar ontwikkel en groei.
Tannie Deidre
Ek het Junie 2018 by die Teddies Naskool begin. Wat ‘n heerlike gevoel om elke dag by Osieteddies in te stap en deur elke personeellid en kind vriendelik verwelkom te word. Dis ook ‘n voorreg om na elke klein mensie se behoeftes om te sien, om vir elke Teddie ‘n ouma te wees, elke seerplekkie te dokter en na hulle storietjies te luister. Dis waarlik ‘n fees om ‘n Teddie te wees!
Tannie Michelle
Ek het Januarie 2019 by Osieteddies se Naskool begin werk. Ek het ‘n passie vir kinders, en is tans besig met ‘n kursus in berading en spelterapie. In die middae slaap, speel en eet ons graag lekker kossies; ons speel speletjies en wag dan vir mamma of pappa. Vakansies is vet pret!